Monday, October 27, 2008

Kerskonsert

ATKV Selakant bied Saterdagaand die 22ste November 2008 om 19h00 'n kerskonsert aan. Plek: Laerskool Grens (veilige parkering op rugby veld met wag wat rondloop).
Kaartjies kos R20.00 per persoon kinders gratis. Vir kaartjies of navrae kontak Jaco 0794679257

Monday, September 15, 2008

Mandjiekonsert

Die Mandjiekonsert wat die afgelope Saterdagaand gehou was, was 'n groot sukses met lof en dank aan ons Hemelse Vader. Daar was +- 65 mense wat dit bygewoon het, en ons beplan alweer die volgende konsert.

Bets Koen van Bravura Ensemble was eerste aan die woord en almal verwelkom, daarna was dit Dirk Pansegrouw wat die ATKV Selakant Tak verteenwoordig het asook as seromoniemeester opgetree se beurt waar hy die geleentheid met gebed geopen het.

Daar was verskeie sang items gelewer, almal plaaslike kunsternaars, en natuurlik die sterre van die aand Bravura Ensemble wat liedjies soos Piet & Kalinkie, Dis Julle, Rokkies, Kimberly se Trein & Jan Pierrewiet gesing het. Die ander kunstenaars: Igna & Evan - Die Mannetjie, Magaliesburgse Aandlied en Die Gekruisdigde; Sinki ( Leerling aan Hoërskool Grens) - Toemaar die Donker man; Marius Janse van Rensburg - Liedjie van Verlange; Arnold Ross & Belinda Hauptfleisch - Come what May; Marietjie & Phillip Jordaan (Ma en seun) - Magaliesburgse Aandlied; Marietjie Jordaan - Stuur groete aan Mannetjies Roux, Berggans; Gena Mosca, Jacolette Vollgraaff & Bets Koen - I know him so well; Jean du Rand (Leerling aan Hoërskool Grens) - Vir jou bou ek 'n brug (eie komposisie); Jaco van Wyk - Die Heilige Stad; Arnold Ross & Gena Mosca - Gebed deur Koos du Plessis.

Die aand is op 'n hoogtepunt afgesluit deur Bravura Ensemble met die sing van Goodnight Sweetheart.
Namens die ATKV Selakant wil ek net die volgende bedank:
Jan Brand - Skoolhoof Laerskool Grens
Bets Koen - Bravura Ensemble
Dirk Pansegrouw - ATKV Selakant
Danie Mare - Auto Pride (skenking van Muffins)
King Pie - Skenking van Muffins
en dan vir almal wat opgetree het.










Arnold & Belinda








Dirk Pansegrouw














Marietjie & Phillip





Bravura Ensemble
van links na regs
Agter: Willem Jan de Flamingh, Marius Janse van Rensburg, Jaco van Wyk, Arnold Ross, Willem Strydom, Frans Piek.
Middel: Bets Koen, Barbara Dippenaar, Adelene Ross.
Voor: Jacolette Vollgraaff, Gena Mosca





vlnr: Gena Mosca, Jacolette Vollgraaff & Bets Koen
















Jaco van Wyk









Jean du Rand (linkerhand)






Igna & Evan






Arnold & Gena




















Thursday, October 11, 2007

Hoezit - ATKV Kindertydskrif


Hou julle oë oop aan die einde van Oktober! Daar kom 'n tydskrif uit wat elke kind sal laat bars van opgewondenheid. Hoezit! is die ATKV se eie Afrikaanse kindertydskrif wat opvoedkundige leesstof, maar ook gesonde, prettige vermaak aan sy lesers gaan bied. Hoezit! is gerig op Afrikaanse laerskoolleerders tussen 9 en 12 jaar oud.


Hoezit! - nie vir ouers nie. As jy 'n jongleser in jou huis het en graag die eerste uitgawe van Hoezit! gratis wil ontvang, of wil inteken op hierdie wonderlike tydskrif, stuur vir ons e-pos na renettee@atkv.org.za. Onthou om jou naam en van, posadres, e-posadres en telefoonnommer in te sluit!

Tuesday, August 28, 2007

ATKV - Selakant is gelee in Oos-Londen en kom eenkeer per maand bymekaar waar daar dan lekker in Afrikaans gekuier word. Vir verdere inligting of om aantesluit kontak gerus Jaco van Wyk -0794679257, Dirk Pansegrouw - 084 5506130, Annamie Killerby - 0833812491, Elizabeth Galant - 0844081433 of e-pos atkvselakant@ananzi.co.za.

Besoek ook die ATKV webwerf - kliek om die onderste skakel
ATKV webverf: http://www.atkv.org.za/